HIKING TRAILS | STAPROETES
‘ laat die stilte in jou siel kom grawe ‘
MOORDENAARSKAROO ENDURO
104.6KM | 5 DAYS
Moordenaarskaroo is een unieke stuk aarde! Hier waar eenvoud, stilte en die sterrehemel bymekaarkom met die mees onherbergsaamste Karoo mooi!
Die Moordenaarskaroo is n streek in die Wes – en NoordKaap. Dit vorm deel van die GROOT KAROO en strek van Laingsburg tot Sutherland se Noord-Kaapgrens. Aan die Noordekant van die Moordenaarskaroo is die Komsberg oppad na Sutherland. Kom vind self uit hoekom die Moordenaarskaroo so onherbergsaam MOOI is, deur saam met ons te kom stap vir 5 dae.
Die 5- dag staproete van ongeveer 104.6km is n goed gebalanseerde roete. Jy gaan die mooi berge in die area beleef asook die twee spoor veldpaaie met die tipiese Karoo vlaktes voor jou. Jy kan wild raak loop soos bv, vaalribbokke, koedoes, steen-bokkies en duikers. Die unieke klipmurasies laat jou terugdink en wonder oor hoe die mense in die area gebly en geboer het.
Die aande se sterrehemel gaan diep in jou gedagtes agterbly.
Indien jy ook n fotograaf is, gaan hierdie staproete vir jou BAIE plesier verskaf.
Kom beleef saam met ons die natuurskoon soos nog nooit gesien nie! Die eenvoud van die Moordenaarskaroo gaan jou met nuwe sieninge jou- elke- dag lewe laat leef.
DATUMS BESKIKBAAR OM TE BESPREEK:
2-7 April 2021
25-30 September 2021
VOORBEREIDING VIR STAPROETE
- Gereelde stapper (elke dag stapper) sal die roete met gemak kan stap
- Indien probleme het met knieë, heupe of rug sal ons hierdie staptog nie vir jou aanbeveel nie.
- Medium tot hoë fiksheidsgraad is noodsaaklik.
- Alle terreine word op die staptog gestap. Harde oppervlakte, harde bergpaaie asook sagte sand in die droë rivierlope.
- Ouderdom vanaf 15 jaar en ouer.
ALGEMENE INLIGTING
- Daar is geen selfoon ontvangs nie.
- Indien kos voorkeure het, sal u dit self moet saambring, en ons net inlig via E-mail.
- Geen medikasie word koud gehou nie, elke stapper is verantwoordelik vir hul eie medikasie en noodhulpkissie.
- Tent kan apart gehou word en moet goed gemerk word.
- Jy is verantwoordelik om daagliks jou eie tent self op- en af te slaan.
- Jy dra bedags net n dagsak
- Merk jou persoonlike items duidelik asb.
- Daar sal warm water wees vir wasdoeleindes en drinkdoeleindes
- Daar word verwag van elke stapper om die vrywaringsvorm, GETEKEN, saam te bring na Brinksfontein.
FOOIE SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Die Moordenaarskaroo Enduro- Stap se kostes beloop R3990 per persoon vir 5 dae se stap.
- “Meet-and-greet” geselligheid by Brinksfontein gasteplaas die aand voor die staptog.
- Vervoer vir bagasie van punt A na B
- Opgeleide stapgids wat elke dag saam stap op roete.
- Tee en Koffie vir die Oggend asook die Aande na ete.
- Peuselhappies by aankoms van Slaapplek.
- Elke aand sal daar Aand ete voorgesit word. Lekker ‘Boere’ kos.
- Warm water vir Was sal by aankoms gereed wees
- Koue drinkwater sal by aankoms reg wees.
- Daar sal 2 drankies per persoon wees elke aand van die stap.
- Moordenaarskaroo Enduro blikbeker
ALGEMENE REELS
- Registrasie word slegs aanvaar as 50% deposito betaal is binne 24 uur van registrasie.
- Res van fooie al 2 maande voor die begin datum betaalbaar wees.
- Registrasievorms sal per e-pos aangestuur word en moet volledig ingevul en teruggestuur word saam met die 50% deposito.
- Bewys van bealing moet saam met registrasie vorms aangestuur word.
- Indien binne dieselfde maand bespreek sal ons n 100% deposito van u vra
Kanselasie terme:
- 3 Maande voor die tyd= 70% deposito terug
- 2 maande voor die tyd = 30%
- 1 maand voor die tyd = 5%
Inligting oor die area en roetekaart ens, sal deurgestuur word as geregistreer gefinaliseer is. Asook die vrywaringsvorm, reëls en regulasies en wat ingepak moet word.
DIE ROETE
Afstand – 104.2km sirkelroete
Begin en eindig by die Gasteplaas Brinksfontein www.brinksfontein.co.za
DAG 1
21 km, Brinksfontein deur Gemsbokfontein – www.gemsbokfontein.co.za – na Anysrivier
Moeilikheidsgraad 7/10
Dag 2
20 km na Klipfontein
in Jaghuis.
Moeilikheidsgraad 6/10
Dag 3
20km tot op Kruispad
Kamp onder die sterrehemel
Moeilikheidsgraad 2/10
Dag 4
23km Middelstevlei deur Vlakkraal terug na slaapplek
Kamp op dieselfde plek
Moeilikheidsgraad 4/10
Dag 5
18 km tot by Brinksfontein
Moeilikheidsgraad 4/10
GESKIEDENIS VAN MOORDENAARSKAROO
Die naam MOORDENAARSKAROO – Daar is klomp teorieë, maar die een wat die meeste gebruik word is;
Moordenaarskaroo se moordende weerstoestande, BAIE warm in die Somer en BAIE koud in die Winter.
Die Moordenaarskaroo was tussen 1920 en 1970 ‘n volwaardige gemeenskap met `n kleremaakster, haarkapper, polisieman en poskantoor. Die gemeenskap het destyds vir 84 huisgesinne n heenkome gebied, vandag is daar slegs 12 permanente Boere oor in die Moordenaarskaroo.
Die Moordenaarskaroo is ook bekend vir die OU tronk wat op Anysrivier was asook die OU kerkie en skool op Koornplaats.
VAALRIBBOK
27KM | 2 DAY CIRCULAR ROUTE
Brinksfontein is a fully-equipped self-catering cottage nestled against the rocky ridges of the Moordernaarskaroo.
We are situated 65 kilometres by *dirt road from *both Laingsburg and Sutherland, and a mere 330 km from Cape Town.
Here, nature and the starry heavens are at your disposal, so come join us, have a rest and experience the magic of simplicity again.
Our trademark is the fact that we are TOTALLY off the grid. That, in itself, makes your stay at Brinksfontein something worth returning to time and time again.
Vaalribbok hiking trail is a 2-day slack-pack hiking trail through the Moordernaarskaroo. It is a 27 km circular route. If you’re looking for an unplugged hiking weekend, this trail is for you.
DATUMS BESKIKBAAR OM TE BESPREEK:
21-23 March 2021
9-12 April 2021
20 April – 02 May 2021
01-05 October 2021
21-31 October 2021
19-29 November 2021
Vir enige navrae of om bespreking te maak stuur asseblief ‘n e-pos na stap@brinksfontein.co.za
TELEFOON NOMMER
023 551 99 00 | 072 379 8 138
KONTAK PERSOON
Rae Myburgh