Moordenaarskaroo Enduro- staproete

‘ laat die stilte in jou siel kom grawe ‘

Moordenaarskaroo is een unieke stuk aarde! Hier waar eenvoud, stilte en die sterrehemel bymekaarkom met die mees onherbergsaamste Karoo mooi!

Die Moordenaarskaroo is n streek in die Wes – en NoordKaap. Dit vorm deel van die GROOT KAROO en strek van Laingsburg tot Sutherland se Noord-Kaapgrens. Aan die Noordekant van die Moordenaarskaroo is die Komsberg oppad na Sutherland. Kom vind self uit hoekom die Moordenaarskaroo so onherbergsaam MOOI is, deur saam met ons te kom stap vir 5 dae.

Die 5- dag staproete van 107km is n goed gebalanseerde roete. Jy gaan die mooi berge in die area beleef asook die twee spoor veldpaaie met die tipiese Karoo vlaktes voor jou. Jy kan wild raak loop soos bv, vaalribbokke, koedoes, steen-bokkies en duikers. Die unieke klipmurasies laat jou terugdink en wonder oor hoe die mense in die area gebly en geboer het.
Die aande se sterrehemel gaan diep in jou gedagtes agterbly.
Indien jy ook n fotograaf is, gaan hierdie staproete vir jou BAIE plesier verskaf.

Kom beleef saam met ons die natuurskoon soos nog nooit gesien nie! Die eenvoud van die Moordenaarskaroo gaan jou met nuwe sieninge jou- elke- dag lewe laat leef.

DATUMS BESKIKBAAR OM TE BESPREEK:
16 – 22 Maart 2019
24 – 30 Augustus 2019
                                                                                           22- 28 September 2019
12 – 18 Oktober 2019
VOORBEREIDING VIR STAPROETE
  • Gereelde stapper (elke dag stapper) sal die roete met gemak kan stap
  • Indien probleme het met knieë, heupe of rug sal ons hierdie staptog nie vir jou aanbeveel nie.
  • Medium tot hoë fiksheidsgraad is noodsaaklik.
  • Alle terreine word op die staptog gestap. Harde oppervlakte en harde bergpaaie asook sagte sand in die droë rivierlope.
  • Indien nie gereelde stapper nie, maar jy kan stap, sal jy dit ook kan aanpak.
  • Ouderdom vanaf 15 jaar en ouer.
ALGEMENE INLIGTING
  • Daar is geen selfoon ontvangs nie.
  • Indien kos voorkeure het, sal u dit self moet saambring, en ons net inlig via E-mail.
  • Geen medikasie word koud gehou nie, elke stapper is verantwoordelik vir hul eie medikasie en noodhulpkissie.
  • Tent kan apart gehou word en moet goed gemerk word.
  • Jy is verantwoordelik om daagliks jou eie tent self op- en af te slaan.
  • Jy dra bedags net n dagsak
  • Merk jou persoonlike items duidelik asb.
  • Daar sal warm water wees vir wasdoeleindes
  • Daar word verwag van elke stapper om die vrywaringsvorm, GETEKEN, saam te bring na Brinksfontein.
FOOIE SLUIT DIE VOLGENDE IN:

Die Moordenaarskaroo Enduro- Stap se kostes beloop R3500 per persoon vir 5 dae se stap en sluit  6 nagte se oornag plek in.

  1. “Meet-and-greet” geselligheid by Brinksfontein gasteplaas die aand voor die staptog.
  2. Vervoer vir bagasie van punt A na B
  3. Begeleide stapgids saam op roete.
  4. Tee en Koffie vir die Oggend asook die Aande na ete.
  5. Peuselhappies by aankoms van Slaapplek.
  6. ‘Snack pack’ vir elke dag se staptog, met vrug en Jellie lekker. http://www.buttanut.co.za
  7. Elke aand sal daar Aand ete voorgesit word. Lekker ‘Boere’ kos.
  8. Warm water vir Was sal by aankoms gereed en reg wees.
  9. Koue drinkwater sal by aankoms reg wees, Moordenaarskaroo boorgat water.
  10. Daar sal 2 drankies per persoon wees elke aand van die stap.
  11. Afsluitings ete te Brinksfontein.
  12. Moordenaarskaroo Enduro blikbeker
ALGEMENE REELS
  • Registrasie word selgs aanvaar as 50% deposito betaal is binne 24 uur van Registrasie. Res van die fooie moet al 2 maande voor die begin datum betaalbaar wees.
  • Res van fooie al 2 maande voor die begin datum betaalbaar wees.
  • Registrasievorms sal per e-pos aangestuur word en moet aan ons volledig ingevul teruggestuur word saam met die 50% deposito
  • Indien binne dieselfde maand bespreek sal ons n 100% deposito van u vra

Kanselasie terme:

  • 3 Maande voor die tyd= 100% deposito terug
  • 2 maande voor die tyd = 25%
  • 1 maand voor die tyd = 0%

Inligting oor die area en roetekaart ens, sal deurgestuur word as geregistreer gefinaliseer is. Asook die vrywaringsvorm, reëls en regulasies en wat ingepak moet word.

DIE ROETE

Afstand – 107km sirkelroete
Begin en eindig by die Gasteplaas Brinksfontein www.brinksfontein.co.za

DAG 1
21 km, Brinksfontein deur Gemsbokfontein – www.gemsbokfontein.co.za – na Anysrivier
Moeilikheidsgraad 7/10

Dag 2
20 km na Klipfontein
Huis geriewe, maar kamp buite huis
Moeilikheidsgraad 6/10

Dag 3
23km tot op Kruispad
Kamp op die Kruis onder die sterrehemel
Moeilikheidsgraad 2/10

Dag 4
21km tot by Ventersrivier deur Spitzkoppe kamp
Kamp onderdak in skeerstoor
Moeilikheidsgraad 6/10

Dag 5
21 km tot by Brinksfontein
Slaap by Brinksfontein. Huis geriewe, maar kamp buite huis
Moeilikheidsgraad 6/10

GESKIEDENIS VAN MOORDENAARSKAROO

Die naam MOORDENAARSKAROO – Daar is klomp teorieë, maar die een wat die meeste gebruik word is;
Moordenaarskaroo se moordende weerstoestande, BAIE warm in die Somer en BAIE koud in die Winter.

Die Moordenaarskaroo was tussen 1920 en 1970 ‘n volwaardige gemeenskap met `n kleremaakster, haarkapper, polisieman en poskantoor. Die gemeenskap het destyds vir 84 huisgesinne n heenkome gebied, vandag is daar slegs 12 permanente Boere oor in die Moordenaarskaroo.

Die Moordenaarskaroo is ook bekend vir die OU tronk wat op Anysrivier was asook die OU kerkie en skool op Koornplaats.

Vir enige navrae of om bespreking te maak stuur asseblief ‘n e-pos na stap@brinksfontein.co.za

TELEFOON NOMMER
023 551 99 00 | 072 379 8 138

KONTAK PERSOON
Rae Myburgh